7 Bob Bouwer Crescent, Bayview, Mossel Bay, South Africa

Accommodation in Mossel Bay

Luxury Oceanside Accommodation in Mossel Bay
24 Apr

Stoep Stories – 11 Aktiwiteite in Mosselbaai

Mosselbaai, die bestemming wat bekend staan vir sy gematigde klimaat, woelige avonture en tog ook sy rustigheid. In die Tuin Roete geleë, bied hierdie dorp ‘n lang lys van heerlike aktiwiteite om te geniet.
Hierdie aktiwiteite is geskik vir elke tipe toeris: die avontuurlustige toeris, die gekultiveerde toeris, die sielsoekende toeris, die natuur liefhebbers, die wat meer van die gekultiveerde dinge hou en dan ook die toeris wat graag net rustige kwaliteit tyd saam met sy gesin en vriende wil spandeer.

Met die bogenoemde in gedagte, het ons ‘n kort lys saam gestel van al die aktiwiteite wat elkeen se vakansie in Mosselbaai onvergeetlik sal maak:

1. White Sharks Africa – beleef die bekende Wit Haai in sy natuurlike habitat, bo of onder water.

2. Stap roetes – Mosselbaai bied talle stap roetes soos die St Blaize roete  en die “Oyster Catcher” roete.

3. Ry die bekende “Dragon Dune” – Die langste en grootste sand duin in Suid Afrika. Maak seker dat jy ‘n dag voor jou beplande aandkoms bespreek vir hierdie aktiwiteit. Onthou ook jou sonskerm, toe skoene, kamera en natuurlik, jou water!

4. Skubaduik en Walvis besigtiging – Haal onder die water asem en besigtig die dolfyne en robbe of klim op die Romanza boot en besigtig die walvisse van naby.

5. “Goodshed” Vlooi Mark – Die GoodShed Vlooi Mark het iets vir almal. Daar is ook ‘n koffie winkel en ‘n restaurant. Hulle is oop vanaf 09:00 tot 17:00 Dinsdae tot Sondae en toe op ‘n Maandag.

6. Kuns werkswinkel – Leer by die kunstenaars hoe dit gedoen word en hou hulle dop terwyl hulle die mooiste kuns maak. Daar is ook verskeie unieke geskenke om te koop.

7. Wyn Proe by Jakkelsvlei – Besoek hierdie unieke wynplaas met hul egte Suid Afrikaanse gasvryheid. Beleef ook ‘n ongelooflike uitsig van die omliggende berge. Daar is ook van hul eie wyn en ander produkte te koop in hul winkel.

8. Deja Vu Vintage House and Monroe Theatre – ‘n Antieke klere winkel, juwele, a biblioteek van ou en skaars boeke en ‘n tee kamer wat ook dien as ‘n intieme teater. Hierdie is definitief vir diegene wat opsoek is na ‘n intieme, nostalgiese ervaring!

9. Die lekkerste koffie by “The Blue Shed Coffee Roastery” – Kom ontspan lekker met ‘n koppie koffie van Guatemala, Brasilie, Columbia, Ethiopia, Uganda, Tanzania, India en Indonesia of geniet hulle unieke “Shed Blend”. Hierdie is ‘n unieke ervaring wat jy nie wil misloop nie.

10. Gholf by Pinnacle Point Estate – Met pragtige uitsig oor die see, 300 dae van son skyn en genoem “die beste golf baan op aarde” deur Darren Clarke (2011 Open Kampioen), is Pinnacle Point Golf Baan virseker elke gholf speler se droom.

11. Swem by die Punt se getui-poel – Swem in die see se natuurlike swembad! Hou dus die getye dop en kies die beste tyd vir lekker swem. Die poel raak redelik laag wanneer dit laag water is en weer rower wanneer die branders oor die rotse slaan met hoog getye.

As al hierdie aktiwiteite jou nog nie opgewonde gemaak het nie, kyk gerus na die volgende aktiwiteite: http://www.africanoceans.co.za/events/. Wees seker dat jy ‘n luukse nagrus inkry, ‘n heerlike ontbyt en vars see lug voor jy hierdie aktiwiteite aanpak in een van The African Oceans Manor on the Beach se 5 Ster kamers. Bespreek sommer vir die hele gesin in The Africans Oceans Manor at the Beach se Villa en wees virseker dat jy ‘n onvergeetlike vakansie beleef: http://www.africanoceans.co.za/rates-and-details/ .